Hallo daar al die Henties van 1985!
Wat n voorreg om met almal te kan kommunikeer!
Van ons het, soos die tyd aanstap,en ons gryser maar wyser geword het, kontak gehou en so min of meer op hoogte gebly van wat met ons klasmaats en hul geliefdes gebeur.
Hier en daar sien n mens n foto of hoor n bietjie nuus wat die geheue aanwakker en dan dink n mens terug aan ons wedervaringe op skool!
Daar was natuurlik van ons wat van mening was dat n mens nou nie onnodig moet staan en inmeng in ons opvoeding met onnodige huiswerk, take en sulke tipe "onbenullighede", maar die arme leerkragte het n taak gehad wat hulle liefdevol maar soms noodwendig geweldadig gedoen het!
Sonder uitsondering verlang almal terug na die "ou" dae en elkeen onthou van n insident wat ander laaaaankal terug vergeet het! Dit is wat kontak met klasmaats en vriende besonder en spesiaal maak.
Ek self het min fotos en beperkte inligting van Henties 1985. Ek deel wel as n begin ons klasfoto van Henties 1985, en n naamlys van al ons vriende.
n tydjie terug het Gerrie my gekontak en genoem dat ons moet dink daaraan om n virtuele reunie vir Henties 1985 te reël.
Hoewel dit lekker sal wees om n "tradisionele" reunie te hou waar almal kan saamkom en kuier, is dit vandag n onrealistiese ideaal, en stem ek met Gerrie saam.
Op n kleiner skaal glo ek sal daar wel in Virginia en ander areas waar vriende en klasmaats woon wat kontak het, "reunies" gereël word. Almal sal welkom wees, maar in realiteit sal die meeste bywoners "locals" wees.
Die gedagte het ontstaan om n platform te skep wat dit moontlik sal maak vir Henties 1985 om op n interaktiewe manier met mekaar te kan kommunikeer. Anders as bv FB, sal slegs Henties van 1985 toegang hê tot die platform, en sal dit wat gedeel word nie vir die algemene publiek "sigbaar" wees nie.
Fotos en ander inligting kan gedeel word en almal sal kan inval en bydra. Aangesien ons goed opgevoed is, is dit nie nodig om streng "reëls" neer te lê wat betref dit wat gedeel word, of kommentaar wat gelewer word! Enigste vereiste is "keep it real" soos wat die engelse altyd sê!
Kom ons deel die skakel met al ons vriende met wie ons kontak het en begin solank kuier!
Groete!
Juls


